'n Tuiste vir almal


Welkom by Christensentrum AGS Elspark. Ons gemeente is 'n plek waar mense van alle agtergronde saamkom om te aanbid en in geloof te groei. Ons poog om 'n “tuiste vir almal” te wees.

Ons gemeente wil ‘n tuiste vir almal wees . ‘n Plek waar God verheerlik en Sy koninkryk gevestig word deur die verkondiging van Sy Woord en die werking van Sy Gees. Ons wil ‘n liggaam-van-Christus model gemeente wees waar mense hulle Godgegewe gawes kan ontdek en in staat gestel word om dit effektief uit te leef tot voordeel en opbouing van die gemeente en die gemeenskap. Ons is ‘n gemeente van die Apostoliese Geloofsending van Suid Afrika (AGS van SA).

Ons is deel van die Familia Dei-netwerk.

 

Ons Glo in die Opstanding van Jesus

Hy is gebore uit die maagd Maria, het op aarde gewandel, is gekruisig is, gesterf het, en begrawe is, wat uit die dood opgestaan en opgevaar het na die hemel, waar Hy nou aan die regterhand van die Vader sit.

Ons Glo dat die Bybel die woord van God is

Ons glo dat die Bybel die woord van God is, geskryf deur mense onder die inspirasie van die Heilige Gees. Ons glo dat dit gesaghebbend die wil van God verkondig en ons alles leer wat vir saligheid nodig is.

Ons Glo in die doping in die Heilige Gees

Ons glo in die werking van die gawes en vrug van die Gees in die lewe van ‘n Christen. Ons glo dat ‘n Christen ‘n dissipel van Jesus Christus behoort te wees en wat ‘n toegewyde en heilige lewe lei.

Ons Glo in die oordeelsdag

Ons Glo in die opstanding van die liggaam en ‘n ewige lewe vir die regverdige en ewige straf vir die goddelose. Ons glo in ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde waar God in heerlikheid sal regeer.

Geloofsbelydenis

Die gemeente onderskryf die Geloofsbelydenis soos verklaar deur die Apostoliese Geloof Sending van Suid-Afrika ingevolge afdeling A.3 (Aanhef) tot die konstitusie van die kerk, wat soos volg lees:

Ons Glo 

ONS GLO in die ewige, drie-enige God, almagtige skepper, onderhouer en regeerder van die ganse skepping.

ONS GLO in God die Vader, die outeur van die skepping en verlossing.

ONS GLO in Jesus Christus die enigste Seun van God die Vader, ware God wat ter wille van die mensdom en sy verlossing, van die hemel neergedaal en vlees geword het; wat verwek is deur die Heilige Gees en gebore is uit die maagd Maria; wat op die aarde geleef het en gekruisig is, gesterwe het en begrawe is, wat uit die dood opgestaan en opgevaar het na die hemel waar Hy aan die regterhand van die Vader sit.

Ons Glo 

ONS GLO in die Heilige Gees, wat van die Vader en die Seun uitgaan, wat die wêreld oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel en in die hele waarheid lei.

ONS GLO dat die Bybel die woord van God is, geskryf deur mense onder die inspirasie van die Heilige Gees. Ons glo dat dit gesaghebbend die wil van God verkondig en ons alles leer wat vir saligheid nodig is.

ONS GLO dat alle mense na die beeld van God geskape is; as gevolg van hulle sondige opstand is hierdie beeld geskend, dat alle mense voor God gesondig het en dit die wil van God is dat alle mense saligheid sal ontvang deur geloof in Jesus Christus.

Ons Glo

ONS GLO in die doping in die Heilige Gees, met die aanvanklike teken van spreke in tale soos dit aan alle gelowiges belowe is. Ons glo in die werking van die gawes en vrug van die Gees in die lewe van ‘n Christen. Ons glo dat ‘n Christen ‘n dissipel van Jesus Christus behoort te wees en wat ‘n toegewyde en heilige lewe lei.

ONS GLO dat Jesus Christus die Hoof van die Kerk is wat deur die Heilige Gees saamgevoeg is en wat bestaan uit alle wedergebore gelowiges. Die Kerk is verantwoordelik vir die verkondiging en demonstrasie van die evangelie en God se wil vir alle mense. As charismatiese gemeenskap verkeer hulle onderling en stig mekaar.

 

Ons Glo

ONS GLO dat die doop van die gelowige deur onderdompeling en die Nagmaal instellings van Jesus Christus is en deur die Kerk onderhou moet word.

ONS GLO dat op die God-bestemde tyd Jesus Christus sy Kerk sal kom wegneem.

ONS GLO in die oordeelsdag wanneer Jesus Christus die lewende en die dode sal oordeel. 

ONS GLO in die opstanding van die liggaam en ‘n ewige lewe vir die regverdige en ewige straf vir die goddelose. Ons glo in ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde waar God in heerlikheid sal regeer.

 


Ons Span 

Beheerraad

Martin Claassens

Vise Voorsitter


Johan Fourie

Sekretaris


Cobus van der Merwe

Instandhouding


Amanda Fourie

Beheerraad Lid


William Scheepers

Beheerraad Lid


Stephen Watson

Beheerraad Lid


Ons Span

Bedieningsforum

 

Hoofleraarspaar

Pastoor Johan Klopper en Jasmin Klopper

Pastoor


Jasmin Klopper

Welwsyn

079 137 1968


Mornè Hurter

Musiek Leier

060 775 4472


Trompie du Plessis

Evangelisasie

082 492 3865


Corrie Faurie

Bidkamer

076 740 9288


Debbie Nortje

Kidzone

083 355 5946


Marlize van der Merwe

Kruisfiks Tieners

082 850 5334