Ons Missie Is
Om uitvoering te gee aan Jesus se opdrag in Mattheus 28:19-20
Om verkondigers en agente van versoening tussen God en mens en tussen alle mense onderling en in ons gemeenskap te wees. 2 Korinthiërs 5:18
Om 'n vriend vir die gemeenskap te wees en om in vennootskap met ander organisasies (wat tot voordeel van die gemeenskap werk) misdaad, morele verval en die verbrokkeling van gesinne te voorkom.
'n Tuiste vir almal.
Ons gemeente wil 'n tuiste vir almal wees. 'n Plek waar God verheerlik en Sy Koninkryk gevestig word deur die verkondiging van Sy Woord en die werking van Sy Gees. Ons wil 'n liggaam-van-Christus model gemeente wees waar mense hulle Godgegewe gawes kan ontdek en in staat gestel word om dit effektief uit te leef tot voordeel en opbouing van die gemeente en die gemeenskap.
Aanlyn Dienste
Pastorale Sorg
"Versorg soos herders die kudde van God in julle midde; hou toesig - nie uit plig nie, maar vrywillig, in ooreenstemming met die wil van God; nie uit skandelike winsbejag nie, maar geesdriftig; nie baasspelerig oor wat hulle toevertrou is nie, maar as voorbeeld vir die kudde. En wanneer die Groot Herder verskyn, sal julle die erekrans van heerlikheid ontvang, wat nooit sal verwelk nie." 1 Petrus 5:2-4 AFR20
Bedieninge
Bidkamer
Hierdie bediening fokus op die mense wie tydens ‘n diens op ‘n uitnodiging reageer en in die bidkamer bedien word. Dit vestig ‘n noodsaaklike skakel tussen bediening tydens ‘n diens en opvolgwerk daarna
Kontak Corrie op
076 740 9288
Kidzone
Sprei jou vlerke.
Word betrokke en leer van Jesus Christus se liefde vir jou en hoe om te lewe vir Hom, want JY is uniek in God se oë.
Kontak Tannie Debbie
Evangelisasie
Hierdie bediening poog om mense wie afvallig geword het op te spoor en weer in te skakel; as ook om evangelisasieprojekte te reël.
Kontak Trompie op
082 492 3865
Kruisfiks Jeug
Kom nes jy is en geniet die aand saam met ons. Vrydae aande is ‘n veilige plek vir al ons tieners, ‘n geleentheid om saam te lag, saam te kuier en bo alles te groei in jou geloof.
Kontak Marlize op
Sending
Ons is by ‘n plaaslike sendingprojek betrokke wat deur middel van voedsel en Evangelie verkondiging uitreik na hawelose mense. ‘n “Straatgemeente” is besig om te ontwikkel
Kontak Cobus op
Welsyn
Gemeentelede wie hulp nodig het, word geassesseer waarna hul name op ons kospakkie lys geplaas word. Sekere lede van Lewenslyn Fondasie is ook betrokke by ‘n sopkombuis in die Boksburg omgewing.