Ons Identiteit in Christus
November 23, 2024In hierdie boodskap koppel ek bekering aan dissipelskap en dissipelskap aan sending. Jesus het soos die Rabbi’s van Sy tyd dissipels gehad, maar daar is belangrike verskille tussen die dissipels van Joodse Rabbi’s en Jesus en Sy dissipels. Matteus se verwagting was dat ons dissipels van Jesus sal wees net soos die eerste dissipels dit was. Dit beteken dat ons ook deel in Sy sending.