Die Heilige Gees verseël ons met die oog op die dag van bevryding. Noudat die Heilige Gees, wat die seël op Jesus se versoeningswerk aan die kruis is, deel van ons lewens geword het, moet ons só leef dat ons Hom nie bedroef nie.
Die Heilige Gees het gekom om ons soos 'n advokaat by te staan in ons getuienis teenoor 'n vyandige, ongelowige wêreld. Pastoor Johan Klopper deel met ons hieroor.
Gedurende Jesus se laaste gesprek met Sy dissipels voor Sy kruisiging, was dit vir Hom baie belangrik om hulle voor te berei vir wat kom wanneer Hy nie meer by hulle gaan wees nie. Hy gaan weg, maar Hy los Sy kudde nie alleen tussen die wolwe van hierdie wêreld nie.